Ek wil jou net weereens bedank vir die uitstekende diens wat ons van jou af ontvang het tydens die voorbereiding vir ons troue en ook op die troudag self.  Ons kon nie vir ‘n beter troukoordineerder en troue gevra het nie.  Dit het ons verwagtinge heeltemal oortref.  Dankie dat jy die program so mooi gelei het en almal so goed gekoordineer het.  Dankie vir al die dekor in die kapel en saal – dit het pragtig gelyk.  Ook dankie dat jy omgesien het dat al die verskaffers betyds is en hul dienste reg lewer.
Verder wil ek ook baie dankie sê aan al die personeel by Diep In Die Berg wat gehelp het met ons troue.  Die kos was uitstekend en die diens van die kelners/kelnerinne en kroegpersoneel was briljant.
Dankie vir ‘n wonderlike troue – ek sal Diep In Die Berg vir enige iemand aanbeveel.
Baie liefde en groete,
Stella & Martin