Goeie dag Chantelle
Ons as ouers van Marelize wil jou bedank vir al die hulp en bystand en raad wat jy gegee het veral aan Marelize met betrekking tot die beplanning van die troue.
Dankie dat jy omgesien het dat alles in plek was,jy lewer uitstekende diens. Jou optrede was ten alle tye professioneel,en wat uitgestaan het is jou opregte vriendelikheid.
Wees geseen in jou beroep.
Groete
Malinda Enslin