Ek en Marcus is vandag weer vir die eerste keer op kantoor.  Ons het ‘n ongelooflike great honeymoon gehad in Namibie.
Bowenal het ons ‘n stunning troue gehad by Diep in die Berg.  Die terugvoer van die gaste was almal uiters positief en glo ek dat julle jul merk gemaak het vir bemarking van Diep in die Berg.
Alles is te danke aan jou, Chantelle.  Uit ons harte baie dankie vir AL jou insette om van ons troue ‘n groot sukses te maak.  Dit was lekker om alles saam met jou te kon reel en te weet dat alles onder jou professionele bestuur is.
Groete,