23-03-2016
Carizaan en al die staff van Diep in die Berg.

Eersten, baie jammer dat die brief nou eers by julle uitkom. Is ongelooflik besig by die werk die tyd van die jaar, maar ek is seker liewers laat as nooit is beter as niks… 

Carizaan, baie baie baie dankie vir al jou hulp, raad, bystand en elke vriendelike oproep waarmee jy altyd gewillig was om te help. Al was daar tye wat en nie baie ordentlik met jou was nie, jammer daaroor, was jy altyd professioneel en vriendelik en nogsteeds het jy altyd uit jou pad gegaan om my te help. Jy is ‘n groot aanwins vir Diep in die Berg en ek hoop hulle weet waste person hulle in jou het. Baie baie dankie vir alles, jy is regtig ‘n ster.

Vir die staff wat aan diens was 13 Februarie 2016, baie baie dankie vir julle harde werk en op en af loop die hele aand om seker te maak alles loop reg. Vir die coordinator wat aan diens was, ook baie dankie, vir al jou vriendelikheid, hulp en dankie dat jy altyd seker gemaak het dat ek en my man altyd iets gehad het om te drink, dat jy altyd seker gemaak het dat ons gelukig is en niks kort nie.

Baie dankie ook dat julle die florist wat ons gebruik het, voorgestel het. Melissa Olori van Endless Inspirations was ook ‘n absolute ster. Elke keer gehelp as ek vrae gehad het en het presies voorsien wat ek wou gehad het. Baie baie dankie, julle kan haar met liefde vir enige iemand voorstel.

Ek was so so happy met alles! Van die diens in die kerk, tot die laaste ou karretjie huistoe is. Baie baie baie baie baie dankie! Alles was presies soos ek dit wou gehad het.

Ons gaan mekaar verseker weer sien, nie om weer te trou nie, maar ek gaan ALMAL van julle vertel! Baie dankie, ek kan nie genoeg dankie sè nie.

Baie groete en baie dankbaarheid

MEV B van Niekerk! xxx