14-09-2010
Naand Nanette
Baie dankie weer eens vir julle amazing hulp laasweek!!
Ons funksie in Pretoria sou beslis nie so reuse sukses sonder jou en Jess en julle great spans se hulp gewees het nie. Sê groot asb weer vir almal by Diep in die Berg baie dankie van my kant af! Ook vir die kombuis span en kelners. Dit was regtig 'n reuse voorreg om saam jul almal so oggend te kon reël!
Die terugvoer wat ons gekry het was regtig amazing. Almal het dit so geniet dat dit klink of hul dit beslis weer wil doen. Party wil somer dat ons dit elke 3maande doen! Ek oorweeg dit beslis want dit het sommer 'n groot energie binne BNI losgelaat. Ek sal net graag wil sien hoeveel mense uiteindelik as lede betrokke raak - dis tog die einddoel met so oggend.
Blessings vir 'n heerlike week,
Groete Karin Metz
