Hi Lizanne,
Ek wil net graag vir jou persoonlik Baie dankie se vir die Uitstekende, Wonderlike diens wat ons van jou en jou span ontvang het tydens ons Troudag by julle op 21 Julie 2012.  Daar het niks verkeerd gegaan nie en alles het vlot verloop, jy was die heeltyd teenwoordig en het ons met alles gehelp.  Baie baie dankie dat ons op jou kon staat maak met alles op ons Troudag, en dat ons jou altyd kon kontak, en flink, wonderlike diens van jou terug ontvang het.  Jy het regtig 100% bygedra tot ons Wonderlike en Suksesvolle dag, en gehelp om dit Definitief Onvergeetlik, en Fantasties te maak.
Ons kan jou nie genoeg bedank vir al jou hulp en ondersteuning nie, en ek hoop Diep in die Berg weet watter juweel hulle in jou het.  Julle is meer as welkom om my te kontak vir terugvoer rakende ons Troudag en jou Wonderlike diens wat ons ontvang het.
Baie dankie weereens.
Jana