AAN  :  NADIA
 I/S  DIEP IN DIE BERG
 NADIA DIT IS VIR MY EN DR KIRSTEN VANDAG ‘N VOORREG OM HIERDIE BRIEF AAN DIEP IN DIE BERG EN EINTLIK SPESIAAL AAN LIZANNE SWART TE TIK.
 DIT WAS VIR ONS ‘N GROOT VOORREG OM DIE HUWELIK VAN ONS DOGTER MET HAAR TE KON REEL EN DEEL. EERSTENS WAS SY VERSKRIKLIK GASVRY, VRIENDELIK EN UITERS BEHULPSAAM EN GEDULDIG.
 SY HET VIR ONS NET DIE BESTE RAAD GEGEE EN SY HET TOT SO VER GEGAAN EN VIR ONS DIE SAAL EEN DAG VOOR DIE TYD GEGEE, OMDAT DAAR NIE ‘N FUNKSIE WAS NIE.  DIE VRYDAGAAND HET SY SEKER TOT SEWE-UUR IN DIE KERK GEWERK, STRIKKE OM DIE STOELE AANGESIT EN ALLES SELF GEDOEN WAT ONS HAAR OOK AL GEVRA MET DIE HELE TYD ‘N GLIMLAG OP HAAR GESIG.
SY HET VIR ONS OOK EEN VAN DIE STOORKAMERS AANGEBIED INDIEN ONS NIE SATERDAGAAND AL ONS VOORRAAD KON VERWYDER NIE.  ONS KAN NET SE SY WAS UITERS BEKWAAM VIR HAAR TAAK EN SAL HAAR VIR ENIGEIEMAND AANBEVEEL AS HULLE “WEDDING CO-ORDINATER” BY DIEP IN DIE BERG.
LIZANNE IS DEFNITIEF ‘N BAIE GOEIE BATE VIR DIEP  IN DIE BERG EN SY HET BAIE HARD GEWERK OP ONS DOGTER SE TROUE.  DIT WAS WONDERLIK EN AANGENAAM OM SAAM MET HAAR TE WERK, WANT SY GEE GOEIE IDEES , DIE BESTE RAAD EN LAAT JOU DIE HELE TYD OP JOU GEMAK VOEL.
DANKIE VIR DIEP IN DIE BERG DAT JULLE HAAR VIR ONS GEGEE HET.  ONS KAN NET MET LOF OOR HAAR PRAAT EN WIL VIR JULLE SE SY IS ‘N UITERS BEKWAME DAME IN HAAR WERK.  LIZANNE WEEREENS DANKIE VIR ALLES.  ONS WEET NIE WAT SOU ONS SONDER JOU GEDOEN HET NIE.
SY IS ‘N UITERS PROFFESSIONELE WERKSTER.
DIE UWE
 DR JF KIRSTEN