16-02-2016

Liewe Carizaan

Ek is seker jy kry baie sulke e-mails soos hierdie, maar graag wil ek hê jy moet hierdie e-mail mooi lees en dit ter harte neem.

Ek en JK wil net vir jou en jou staff BAIE BAIE DANKIE sê vir wat julle vir ons gedoen het op ons troudag. Ons kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker die hele aand vir ons twee was nie, en ons weet ons kon dit nie sonder jou gedoen het nie. Dankie vir al jou opvolg e-mails, jou omgee en begrip. Die aand het uitgedraai as n reuse sukses en ons kon nie vir beter gevra het nie. Dit het ons wildste drome en verwagtinge oortref. Julle was reg, ons het niks van daardie ander funksie geweet nie, en ons was verniet so opstandig en bekommerd. Dra asseblief ons dank ook oor aan jou bestuurder, Tommie. Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ons in ons harte is nie.

Lekker dag en week vir jou verder

Vriendelike Groete,

Elmarie & JK