13-05-2016

More,

Ons wil net persoonlik vir jou dankie se vir al jou harde werk en hulp op ons troudag. Van die voorbereiding tot die einde was jy altyd bereid om te help en altyd daar vir raad. Ons waardeer dit ongelooflike baie. Die in die Berg is beslis die top trou venue en julle diens was so ongelooflik goed.

Ek het so baie komplimente gekry oor die lekker kos en veral die pampoen koekie (hehe) en die hoender, ek het gegaan vir “seconds”. Die reën het nie eers die dag versuur nie en jy het gesorg dat ek by die kerk in kom sonder geen probleme. Dankie vir al julle harde werk op die dag. Die kerk het ongelooflik mooi gelyk en die venue was perfek.

Ons dag was regtig so lekker en mooi en ons is vreeslik dankbaar vir jou en Diep in die Berg!!!

Baie dankie vir ‘n ongelooflike lekker, perfekte en mooi troudag!

Groete,

Karlien en Drikus!