Goeie middag Jess
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir jou terugvoer te gee oor my ondervinding van Chantelle se diens. Sy het my bygestaan met die koördinering van die Samancor Chrome gala event wat op 7 Junie 2013 by Diep in die Berg plaasgevind het.
In my bietjie meer as 20 jaar wat ek ondervinding het in events, het ek nog selde by ‘n venue (ek werk gewoonlik met 4ster + venues) Chantelle se gelyke teëgekom in professionele en effektiewe diens. Sy is totaal in beheer van elke situasie, haar organisering is uitmuntend en sy gaan uit haar pad uit om versoeke en uitdagings doeltreffend aan te spreek en op te los. Sy bring ‘n baie welkome kalmte en versekering in die opstel omgewing in omdat ‘n mens kan sien en voel sy het alles onder beheer. Haar ingesteldheid op detail is besonders en as Chantelle gesê het sy gaan iets doen kan jy dit afmerk op jou lysie.
Haar span is baie goed opgelei en is op geen oomblik onseker oor wat hulle te doen staan nie, sy neem die leiding en gee duidelike direksie.
Dit was vir my ‘n absolute plesier om my projek saam met haar suksesvol af te handel en ek kan jou verseker dat sy vir julle ‘n ongelooflike aanwins is. Chantelle is vriendelik, uiters behulpsaam en tree met oortuiging op.
Dra asseblief my opregte dank oor aan Chantelle, sy maak dit maklik om Diep in die Berg aan te beveel.
Vriendelike groete
Tomé