Chantelle
Mens dink mens moet dankie sê omdat ons so grootgemaak is, maar hierdie kom regtig diep uit ons harte. Chantelle, baie baie dankie vir ‘n ongelooflike ‘reis’ saam met jou.  Dis nie net omdat dit ons kinders se troudag was nie, maar dit was regtig vir my net alles perfek! As daar iets fout was het ek dit regtig nie eens raakgesien nie… Jy het gehelp om als seepglad te laat verloop…geen kinkel in die kabel nie en goed gesorg dat die bruid ordentlik laat is. Die kos was ongelooflik en die komplimente bly nog instroom. Jy het selfs nie ons kleinste versoeke vergeet nie…en daar het geen ou confetti rongelê nie….lol. Jy is ‘n pragtige mens en het alle tye jou waardigheid gehou en uiters profesioneel opgetree. Ek weet verseker jy was die regte medisyne vir Thomas en Leanne se perfekte daggie.
 
Baie liefde
Rodney & Corinne